STILBAAI NUUS - Huis Stilbaai en Badisa Stilbaai het Saterdag 22 Februarie ‘n welkome inspuiting gekry uit die gholfdag wat Fynbos Apteek gereël het om geld in te samel.
Inskrywingsgeld en donasies het sowat R34 000 opgelewer wat gelykop verdeel word tussen die twee organisasies.
Willie Delport van Fynbos Apteek sê dat hulle nie net agteroor kan sit en toekyk hoe hierdie organisasies sukkel om kop bo water te hou nie.
Die uiteindelike wenspan was At Spies, Tony Bailey, Lawrence Barltrop en Richard Peasey.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’