RIVERSDAL NUUS - Die Wes-Kaapse polisiespan het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se nasionale gholfkampioenskap, wat vanaf 2 tot 6 September by die Ebotsi-gholflandgoed in Benoni, Gauteng, aangebied is, gewen.
Sers. Garnet Damans van Riversdal is een van vier Wes-Kaapse spelers wat opgeneem is in die polisie se nasionale span wat in 2025 aan die Intermagte-toernooi sal deelneem waar hulle teen korrektiewe dienste en die weermag se nasionale spanne sal meeding.
Sers. Damans bedank almal wat hom ondersteun het en bygedra het tot sy sukses. Damans sê sy grootste dank gaan uit aan sy vrou, Jo-ann, wat hom die meeste bystaan en aanmoedig om aan te hou en net sy beste te gee in sy sport.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’