RIVERSDAL NUUS - Sers. Garnet Damans, wat by die Riversdal-polisie gestasioneer is, gaan as lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se nasionale gholfspan van Sondag 10 Maart tot Vrydag 15 Maart in Port Shepstone aan die polisie se intermagte gholftoernooi deelneem.
Damans het in 2023 die polisie se nasionale kampioenskapstitel gewen. As die diens se nommereenspeler is hy in die nasionale span opgeneem.
Damans het 'n beroep op sakelui en inwoners gedoen om enige bydrae te maak om te help om sy onkostes te dek wat hy uit sy eie sak moet betaal. Belangstellendes kan hom kontak by 072 607 9283.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’