RIVERSDAL GHOLFNUUS - Werner van Niekerk het met 22 punte agter sy naam Vrydag, 30 Oktober se Riversdal-gholfklub Sundowner-kompetisie gewen.
Op 19 punte was Nel Mulder tweede, met Basie Nortjé wat op 18 punte die derde plek kon losslaan.
Die Oktober-beterbal-kompetisie is Saterdag, 21 Oktober deur Mark Stander en Alrique Julies (46 punte) gewen.
Op 'n 45 punt uittel was Ryno Stander en Reon Grundlingh tweede, met André la Cock en Arno la Cock wat die derde podium posisie ingeneem het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'