RIVERSDAL GHOLFNUUS - Josef Botes het Riversdal-gholfklub se weeklikse Sundowner-kompetisie Vrydag, 23 Oktober gewen.
Hy het 21 punte losgeslaan.
Louis Vermaak (19 punte) en Frans Myburgh (18 punte) was onderskeidelik tweede en derde.
Frederick van Dyk het Saterdag, 24 Oktober met 41 punte die individuele stableford-gholfdag gewen. Jannie Goosen was op 'n 41 punt uittel tweede, met Werner van Niekerk (39 punte) derde.
Op 'n 38 punt uittel het Lukas Olivier en Wikus Louwrens onderskeidelik die vierde en vyfde plekke ingeneem.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'