GHOLFNUUS - Die Mosselbaaise gholfspeler Aldrich Potgieter bevind homself in groot geselskap.
Ná die eerste twee rondes van die Amerikaanse Ope (een van die 4 Grand Slam toernooie) is Potgieter die enigste oorblywende Suid-Afrikaner om jag te maak op die titel.
Hy is egter na twee rondes 12 houe agter die Amerikaner Rickie Fowler, maar steeds goed geplaas om as die voorste amateur in dié toernooi te eindig.
Die Amerikaner Gordon Sargent is met twee houe beter geplaas as Potgieter, maar op 'n moeilike Los Angeles baan is enigiets moontlik oor die volgende twee rondes.
Behalwe vir Fowler in Aldrich se visier, is spelers soos Rory McIroy, Dustin Johnson, Scottie Scheffler, Sergio Garcia en Patrick Reed ook op soek na dié gesogte titel.
Spelers wat die afsnypunt gemis het, sluit in Phil Mickelson, Alex Noren, Jordan Speith, Justin Rose, Francesco Molinari, Ross Fischer en Adam Scott. Thriston Lawrence, Wilco Nienaber en Deon Germishuys is die Suid-Afrikaners wat die afsnypunt ná die tweede ronde nie oorleef het nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’