ALBERTINIA NUUSFLITS - Die plaaslike gholfbaan is een van min bane ter wêreld wat nog sandsetperke het, wat dit uniek onder gholfspelers maak weens die addisionele uitdaging om die bal in die gaatjie te kry.
Die goeie toestand van dié baan is deur spelers wat onlangs aan die KANSA-gholfdag deelgeneem het, geprys. Van die spellers het gaan inloer om te sien wat dit behels om so ’n baan te onderhou.
’n Beskeie Kerneels Nomdo (51), die baanopsigter wat self nie gholf speel nie, maar heeldag op die baan is het hulle meer vertel.
Hy probeer om elke dag iets aan die baan te verbeter en sorg dat die baan en setperke reeds twee weke voor ’n groot gholfdag in puik kondisie is.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'