RIVERSDAL NUUS - In Hessequa het Riversdal se gholfbaan 'n reputasie ontwikkel as 'n lekker baan, maar een wat jou soms kan byt.
Dis veral die setperke wat die spelers soms hoofbrekens besorg.
Hugo Redelinghuys het Saterdag gaan inloer om te sien hoe die lede op die baan vorder.
Ons beoog om gereeld aksiefoto's van die naweek se klubkompetisies te plaas.
Koos van Rensburg volg sy sethou op die vyfde.
Jannie Goosen speel 'n netjiese kaphou uit die sandkuil op die vyfde putjie.
Colin Sherwood slaan sy bofhou op die sesde.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'