TUINROETE DISTRIK GHOLFNUUS - Om nou Heidelberg toe te ry, is loutere genot, want die pragtige koring- en kanolalande strek so ver as wat die oog kan sien. Dis wonderlik wat die reën hierdie jaar aan die natuur gedoen het.
So het 30 Sagesspelers dan ook op Dinsdag, 24 Augustus op Heidelberg saamgetrek vir 'n gekombineerde stablefordkompetisie en in heerlike weersomstandighede op 'n grasgroen gholfbaan meegeding.
In die kompetisie het die volgende pare die meeste stablefordpunte bymekaargemaak:
1. Basie Nortjè (Riversdal) en Bennie Pieterse (Mosselbaai) 65; 2. Stoffel en Breggie Maritz (Mosselbaai) 65; 3. Tony Muller en Anthony Slater (Mosselbaai) 63; 4. Kwartus Sieberhagen en Fred Bull (Mosselbaai) 63; 5. Denzel Geldenhuys en Davie Roberts (Riversdal) 59; 6. Flip en Bernice Cloete (Mosselbaai) 58.
Die naaste aan die penne se worspryse, soos altyd geborg deur JC Slagtery van Riversdal, is gewen deur Gary Ristow op 2/11 en Flip Cloete op 5/14.
Die enigste spogtwee van die dag is aangeteken deur Bennie Pieterse.
Die bestuur van Suid-Kaap Sages het met leed kennisgeneem van die afsterwe van Tinus Prinsloo van Boggomsbaai, een van sy langsdienende lede. Nuwe lede wat in die Sagesfamilie in die Suid-Kaap verwelkom word, is Bennie Geldenhuys, Flip en Bernice Cloete, almal van Mosselbaai, asook Freddie Stander van Boggomsbaai.
Die volgende Sagessaamtrek is op 21 September 2021 op Boggomsbaai.
Wenners op Heidelberg: Bennie Pieterse, Basie Nortjé, Stoffel en Breggie Maritz, Kwartus Sieberhagen en Fred Bull.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'