HESSEQUA KRIEKETNUUS - Heidelberg United-krieketklub het Saterdag, 4 Desember hul rieme teen Riversdal in hul eerste SWDK Six Gun Grill-ligawedstryd styfgeloop.
Die besoekers het die wedstryd met sewe paaltjies gewen nadat die tuisspan die loot gewen en beskluit het om te kolf.
Riversdal speel Saterdag, 11 Desember tuis teen Pirates van Knysna. Heidelberg het ’n loslootjie en speel eers weer op 8 Januarie 2022 hul tweede wedstryd weg teen Pirates.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'