HEIDELBERG NUUS - Heidelberg United-krieketklub het Saterdag in hul voorlaaste SWDK Promosieligawedstryd die voorlopers, Mosselbaai, in 'n spannende wedstryd met 34 lopies geklop.
United het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.
Die wedstryd was vir die tuisspan belangrik om te wen om nog in die wedloop te bly vir 'n plek in die halfeindronde.
Hulle het die skaflike totaal van 287 lopies met 'n pragbeurt van 152 lopies van Berthal September, wat 16 viere en 7 sesse ingesluit het, aangeteken.
Die besoekers moes 288 in hul toegelate 50 beurte aanteken, maar is met hul totaal op 253 almal ná 46 beurte uitgehaal. Dit het 'n vegtersbeurt van Prashaan Kanjee van 83 lopies (13×4; 1x6) ingesluit.
United speel Saterdag 25 Januarie hul laaste ligawedstryd weer tuis teen Thembalethu United van George. Die wedstryd is 'n moet wen vir beide spanne om 'n plek in die semifinale te bespreek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’