HEIDELBERG NUUS - Heidelberg United-krieketklub het Saterdag, 12 Februarie wraak vir hul omstrede verloor vroeër die seisoen teen die ligavoorlopers, Pirates United geneem en die SWDK Six Gun Grill Promosie A-ligawedstryd oortuigend met 91 lopies gewen.
Met dié sege het die tuisspan hul kanse op ‘n halfeindronde lewend gehou.
Die tuisspan se kaptein, Jaques Thyse het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Aanvanklik het dit nie na ’n goeie besluit gelyk toe die besoekers hulle in die moeilikheid op 2/9 na 1.5 beurte gehad het nie.
Die tuisspan se aanvangskolwer, Berthal September en Corbin Swartbooi wat op nr 4 kom kolf het, het met ’n vennootskap om die derde paaltjie van 196 lopies vanaf 142 balle, egter vasgeskop en kon United die groot totaal van 296 almal uit na 37.5 beurte opstapel.
Die vennootskap het het die indruk geskep dat hul span die 400 kerf maklik sou oorskry, maar ’n insinking in die middelorde het hulle 3 paaltjies vir 29 net lopies in 4.4 beurte gekos.
Swartbooi het 120 lopies vanaf 74 balle (21x4, 2x6) aangeteken, terwyl September die ankerrol met 109 vanaf 92 balle (15x4, 3x6) ingesluit het, aangeteken. Net Danielo du Preez met 27 lopies vanaf 15 balle (2x4, 2x6) kon dubbelsyfers behaal.
Tyler Bezuidenhout met 3/58 vanaf 7 beurte was Pirates se suksesvolste bouler. Justin Meyer met 2/71 lopies na 10 beurte, Theo Olf met 2/43 met 1 leeg vanaf 6.5 beurte en Elrico Wynand met 1/31 met 1 leeg vanaf 5 beurte het hard probeer om die aanvallende kolfwerk van hul gasheerspan te tem.
Die besoekers moes die yslike totaal van 297 lopies binne hul toegelate 50 beurte aanteken, maar is vir 205 lopies almal uit weer terug in die kleedkamer.
Pirates het redelik goed begin met die aanvangkolwers, Curnol Thorne en Jade Titus wat ’n vennootskap van 65 lopies om die eerste paaltjie 38 lopies vanaf 61 balle opgestapel het. Hulle kon egter nie volhou met groot vennootskappe nie.
Titus met sy 45 lopies vanaf 46 balle het die beste met die kolf gevaar. Hy is goed deur Thorne met 38 lopies vanaf 34 balle, Wynand met 27 lopies vanaf 54 balle, Meyer met 19 vanaf 40 balle, Errol Martin (kaptein) met 17 lopies vanaf 31 balle, asook Marshall Philander met 11 lopies bygestaan.
Vir United het Garth Pieterse met 2/18 na 7 beurte die beste met die bal gevaar. Hy is goed deur Swartbooi met 2/47 na 10 beurte, Du Preez met 2/26 na 4 beurte, Jaylin Opperman met 1/17 na 6 beurte en Enzo Lodewyk met 1/19 na 4 beurte, bygestaan.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'