KRIEKET NUUS - Telesto Ramblers-krieketklub se B-span het die naweek van 22 en 23 Oktober groot sukses behaal in beide wedstryde. Die spanne het vir die eerste keer in hulle nuwe geborgde klere gespeel.
Op 22 Oktober het hulle teen Masakhane van Murraysburg gespeel. Masakhane was 40 almal uit. Die speler van wedstryd was Henwico Stal met vyf paaltjies. Hulle wen met 10 paaltjies.
Op 23 Oktober het die span teen Harlequin Forces B gespeel. Telesto Ramblers B het 348/6 in 40 boulbeurte behaal.
Die speler van die wedstryd was Arthur Lottering 113, Dean Lewis 76 en Fabian Campher met 55 was die uitblinkers. Harlequins kon slegs 130 aanteken en verloor met 218 lopies.
Op 12 November het Telesto Ramblers A hulle eerste wedstryd vir die seisoen teen Mayflower A van Groot-Brakrivier gespeel. Mayflower teken 128 almal uit met die beste bouler Jay-Jay Persens.
Telesto Ramblers het 132/6 aangeteken. Uitblinkers met die kolf was speler van die wedstryd en aanvangskolwer Dean Lewis met 42 nie uit en Quinton Davids 47 (8 viere) nie uit. Hulle wen met vier paaltjies.
Op 3 November het Telesto Ramblers B teen Western Hope B gespeel. Telesto Ramblers het 245/9 in 40 boulbeurte aangeteken. Bryan Pyler 39, Garynne Fortuin 42, Gerchwin Joseph 32 en speler van die wedstryd, Jakobus September het 38 nie uit behaal was die uitblinkers. Western Hope B is uitgehaal vir 106 met hul kaptein Jacques Campher wat 59 aangeteken het.
Jonothan Hills, borg van die span was by al die tuiswedstryde teenwoordig en trots.
Telesto Ramblers bedank ook vir Watsons Meat Cradockstraat, Safari George en Supa Value Foods vir hulle bydrae.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'