OUDTSHOORN KRIEKET NUUS - Verskeie krieketspelers en klubs in die Hessequa-streek is vir hul besonderse prestasies tydens die SWD-krieketraad se jaarlikse prysuitdelingsfunksie op Vrydag 20 April vereer.
Albertus Kennedy, SWDK hoof- uitvoerende beampte was seremoniemeester, terwyl Johan Weyers, voormalige SWDK-amateurbestuurder en huidige KSA senior bestuurder as gasspreker opgetree het.
Rudy Claassen, SWDK-president het die opening en verwelkoming behartig. Onder die gaste was Hennie Baartman (SWDR-president), Grant Riddles (uitvoerende burgemeester: Hessequa), asook Simon Swiegelaar (SWDK-erepresident).
Plaaslike presteerders
- Duan Roberts (De Waalville) - primêre skool krieketspeler van die jaar
- Connor Flanagan (Langenhoven) - meeste lopies vir die seisoen: hoërskole
- Elviezel Fielies - eerste 'differently abled' speler om in hoofstroomkrieket te speel
- Angelo Busch - Groundsman van die seisoen.
Van links is Jonathan Michiel (voorsitter: Melkhoutfontein), Angelo Busch, Grant Riddles (uitvoerende burgemeester, Hessequa), Elviezel Fielies, Jason van Rensburg (voorsitter: Riversdal) en Duan Roberts. Voor: Connor Flanagan.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'