STILBAAI NUUS - Alhoewel Stilbaai nie meer oor 'n krieketspan beskik nie, is daar nog heelwat krieketspelers wat jaarliks op 'n sosiale wyse met mekaar in die besigheidsligatoernooi meeding.
Daar is ses spelers aan 'n kant en elke span het 12 kolfbeurte waarin hulle mekaar moet uitoorlê.
Maandagaand, 30 Oktober, het die span van Stilbaai Kelders teen Stil Fishing gespeel. Daar was 'n duidelike ouderdomsverskil in die twee spanne, maar Stilbaai Kelders se oumanne het hulle nie hierdeur laat afskrik nie.
Hulle het die kolwe lustig rondgeswaai en uiteindelik halftevrede klaargemaak op 115 lopies.
Stil Fishing se manne was egter in 'n verwoestende bui en het die sesse laat neerreën om op 144 lopies klaar te maak.
Adolf Botes van Stilbaai Kelders vasbeslote om hierdie bal weg te bêre.
Martin Irhk van Stilbaai Kelders boul Stefan van Huyssteen van Stil Fishing skoon.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’