RIVERSDAL NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale en Gerrit du Plessis Sekondêr se krieketspanne is Saterdag weer in aksie in die SWD se onderskeie skoleligas.
In die Superliga se o.19 A-afdeling speel Oakdale tuis teen Bridgton wat beloof om 'n taai tweestryd te wees.
Gerrit du Plessis speel weg teen Hoërskool Knysna in die Promosieliga vir o.19's.
In die Superliga vir o.15-spanne speel Oakdale A tuis teen Langehoven terwyl sy B-span na George reis om teen Outeniqua kragte te meet.
Zandré Conradie het Hoërskool Outeniqua se kolwers vasgepen met akkurate boulwerk, voordat reën dié SWD o.19-skolekrieket-wedstryd in die wiele gery het.
Tian Ferreira klim hoog in die lug om die bal met 'n spoed op die Outeniqua-kolwers los te laat. Maar reën het laaste gelag en die wedstryd vroeg beëindig. Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'