HEIDELBERG NUUS - Die spanne van die Turtles en Royal Challengers Barlowlaan (RCB) het Sondag 15 Desember mekaar die stryd aangesê in die eindstryd van die jaarlikse Rekon-jeugkriekettoernooi.
RCB het met die louere weggestap.
Die toernooi, wat jaarliks onder leiding van Vennito van Niekerk, opvoeder en gemeenskapsaktivis, in samewerking met die Wynland Vriendekring aangebied word op die Young Stars Ovaal bied aan jeugdiges 'n alternatief om fondse vir verskeie plaaslike organisasies en individue in te samel.
Vanjaar se donasie word aan Keirah Riddles, ’n talentvolle skaakspeler, geskenk om haar te help met haar vervoerkoste na die Mzanzi Jeug-skaakkampioenskap wat vanaf 15 tot 19 Desember in Polokwane, Limpopo aangebied word.
Nathaniel Lodewyk van RCB is as speler van die toernooi aangewys.
Die organiseerders het aangekondig dat daar op Sondag 22 Desember ’n jeugtoernooi aangebied word ter ondersteuning van die ontwikkeling van krieket in die dorp.
Seuns tussen 13 en 15 jaar oud word aangemoedig om aan die toernooi deel te neem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’