RIVERSDAL KRIEKET-NUUS - Die plaaslike krieketklub het Saterdag 10 November hul SWDK Hessequa-stroom promosieligawedstryd teen Albertinia op Riverville verspot maklik met 9 paaltjies gewen nadat hulle die loot gewen en Albertinia ingestuur het om te kolf.
Die bespoekers, wat met slegs 10 spelers opgedaag het, kon net 'n skamele 63 almal uit in 17.5 beurte aanteken.
Ceneral Kiewiet met 30 lopies en Renaldo Waterboer met 13 lopies kon dubbelsyfers aanteken.
Vir Riversdal het Jason Van Rensburg, veteraan veelsydigespeler die beste met die bal gevaar en 5 paaltjies vir net 20 lopies met 1 leeg na 6.5 beurte platgetrek. Hy is goed deur Paul Cupido met 4/34 met 1 leeg na 9 beurte ondersteun.
Byron Esau met 32 lopies en Marchelle Wessels met 22 het die teiken na 9 beurte bereik.
Van Rensburg het met sy spogvertoning die speler van die wedstryd toekenning opgeraap.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'