Die o.8- en o.9 spannetjies het die rit Ladismith toe aangepak en die opgewondenheid het geen perke geken nie. Hierdie klein spelertjies van Hatties, het hul, soos in die verlede, baie goed van hul taak gekwyt.
Met goeie veld- en kolfwerk, het hul die teenstanders met die kous oor die kop terug paviljoen toe gestuur.
Die o.8-span het twee van hul drie wedstryde gewen en die o.9-span het al drie hul wedstryde goed gewen.
Die twee spannetjies is aan die einde van die toernooi, as onderskeidelik die beste spannetjies, van die dag aangewys. Welgedaan Hatties - ons is trots op julle!

Die o.8 spannetjie van Hatties.

Die o.9 spannetjie van Hatties.