Tydens hierdie geleentheid het 10 verskillende skole se 0.7 en o.9 spelertjies teen mekaar deelgeneem. Skole wat teenwoordig was, is Oker Primêr, Melkhoutfontein-, De Waalville-, Slangrivier-, Goedgegun-, Molenrivier-, Kruisrivier-, Voorwaarts-, Panorama- en Laerskool Bertie Barnard.
Lede van die SWD krieket afrigting onder leiding van Gary Moos was ook teenwoordig om tydens die wedstryde die spelertjies met baiese tegnieke te help. Elke spelertjie het pette, wat geborg is deur KFC, ontvang.
Eva Joseph, die KFC mini-krieket koördineerder in die Hessequa-streek het tydens die geleentheid ook leisels oorgegee aan Levona Cloete wat voortaan nou as die mini-krieket koördineerder sal optree.
Joseph sal voortaan net as algemene mini-krieket afrigter funksioneer. Sy het in die posisie as koördineerder ook verskeie kere as spanbestuurder van die SWD dames-krieketspan en ook in 2004 spanbestuurder gewees van die o.19 dames Wes-Kaap krieketspan.
Gary Moos van SWD-krieket afrigting verwelkom Levona Cloete as nuwe KFC mini-krieket koördineerder.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'