STILBAAI NUUS - Die mini-kriekettoernooi wat Laerskool Bertie Barnard Woensdag 23 Oktober aangebied het was weereens 'n bewys dat waar daar entoesiasme is, is ervaring en tegniek 'n bysaak.
Voorwaarts Primêr, Panorama Primêr, Laerskool Volschenk, almal van Riversdal asook Heidelberg het saam met Laerskool Bertie Barnard van Stilbaai, deelgeneem.
Daar was heelwat dogters in die spanne en van hulle het nogal 'n giftige swaai.
Hierdie en ander toernooie wys dat sport in die Hessequa kerngesond is.
Kinders moet net die geleenthede kry en aangryp.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’