MELKHOUTFONTEIN NUUS - Melkhoutfontein-krieketklub het Vrydagaand, 14 April, hul uitblinkers vereer.
Chad Arendse is aangewys as die krieketspeler en ook kolwer van die jaar.
Bevan Gelant is die bouler van die jaar en hy spog ook met die beste boulsyfers van almal.
Jason Lawrence was die beste veldwerker en hy het ook die beste individuele beurt gehad.
Die mees gedissiplineerde speler was Johan Ockhuys en Morné Francis was die speler wat die meeste vordering getoon het.
Van links: Bevan Gelant (beste bouler), Chad Arendse (krieketspeler en kolwer van die jaar), Adrian September (afrigter), Jason Lawrence (beste veldwerker), Morné Francis (meeste vordering) en Johan Ockhuys (mees gedissiplineerde speler).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’