Gallery
STILBAAI NUUS - Die jong krieketspelers van Laerskool Bertie Barnard het op 10 November leerkragte en ouers die stryd op die strand langs die rivier aangesê in ‘n krieketwedstryd wat as die afsluiting vir die jaar se besige krieketprogram gedien het.
‘n Paar van die juffrouens moes selfs hul man in hul span staan teen die aanslag van die jong boulers met die wedstryd wat uit 20 boulbeurte bestaan het.
Jonk en oud het behoorlik in die sand geduik, gehardloop en geploeg om te keer, te vang en te gooi en volgens die orgaiseerders was dit uiteindelik die leerkragte en ouers wat die wedstryd vanjaar gewen het.
Almal het groot pret gehad en beplan om dié afsluitingsfunksie ‘n jaarlikse instelling te maak.
ARTIKEL & FOTO'S: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'