HESSEQUA NUUSFLITS - Die 2018/19 SWD-krieketseisoen het die naweek op Riversdal en Stilbaai afgeskop met die aanvang van die T20 kompetisie.
Die spanne van Heidelberg United, Riversdal en Slangrivier moes Saterdag 29 September op Riverville sake uitspook, maar Slangrivier het nie opgedaag nie. Hulle het ook nie Sondag vir hul wedstryd–verpligtinge op Melkhoutfontein opgedaag nie.
United het in hul wedstryd teen Riversdal die loot gewen en besluit om te kolf. Hulle teken ’n stewige totaal van 144, almal uit in 19.2 beurte aan.
Riversdal moes 145 in hul toegelate 20 beurte aanteken, maar is vir 56 lopies almal uit, terug in die kleedkamer. United wen met 88 lopies.
In hul wedstryd Sondag teen Melkhoutfontein het die tuisspan die loot gewen en United ingestuur om te kolf.
Die besoekers teken die skaflike totaal van 151 vir die verlies van sewe paaltjies in hul toegelate 20 beurte aan.
Die tuisspan moes 152 lopies in hul 20 beurte aanteken, maar kon net 103 lopies almal uit in 19.3 beurte aanteken. United het ook 5 straflopies aan Melkhoutfontein afgestaan, maar dít kon ook nie hul pakslae van 48 lopies afweer nie.
Riversdal-krieketklub se span.
Die spelers het Heidelberg United se vlag hoog laat wapper met hul oorwinnings oor Riversdal en Melkhoutfontein. Foto's: Clive Pretorius
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'