RIVERSDAL NUUS - Die krieketseisoen is hier en die tyd het aangebreek om die krieketkolf bo uit die kas te gaan haal.
Die plaaslike krieketklub nooi die gemeenskap na hul krieketoefeninge uit wat elke Maandag, Dinsdag en Donderdag van 16:00 tot 19:00 op Riverville-stadion plaasvind.
"Almal met 'n liefde vir krieket en wat glo in die opbou van jongmense, word uitgenooi om deel van Riversdal-krieketklub te word. Moenie in jou vermoëns twyfel nie. Ons sal jou help om te verbeter," sê Jason van Rensburg, voorsitter.
Die klub het ook 'n damesspan, waar Mochelle May leiding gee. "Riversdal-krieketklub staan vir positiewe ontwikkeling van ons jongmense, liggaamlik en geestelik."
Vir enige navrae kontak Van Rensburg by 071 875 0254.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'