RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike krieketklub het Dinsdag 17 Mei tydens hulle algemene jaarvergadering 'n nuwe leierskap gekies wat voortaan die klub sal bestuur.
"Ons wil eerstens baie dankie sê vir elke bestuurslid wat vir die 13 jaar voor ons die klub bestuur het, vir hulle toewyding en harde werk wat tot die klub se sukses bygedra het," het die voorsitter, Justin van Rensburg gesê.
"Ons as bestuur beloof om daarop voort te bou en sien daarna uit om met die krieket- en sakegemeenskap hande te vat om van Riversdal-krieketklub 'n modelklub te maak, waar dissipline en harde werk die loon sal wees."
Van Rensburg het bygevoeg dat dit ook belangrik is dat die nuwe bestuur die klub se teenwoordigheid in SWD-krieket sal herbevestig.
Alle krieketliefhebbers en -spelers word uitgenooi om deel van die klub te word.
Van links is Marius van Rensburg (tesourier), Marvin Kortjé (ondervoorsitter), Michael Koker (addisioneel) en Justin van Rensburg (voorsitter).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'