Gallery
STILBAAI NUUS - Meer as 120 kinders is deur die skool op 19 en 20 Oktober ontvang met hul tweede Ricoh-krieketfees op Stilbaai, met nege skole wat vanjaar deelgeneem het.
Die laerskoolspanne van Ladybrand in die Vrystaat, Laerskool Hendrik Louw van die Strand en Laerskool De Hoop van Somerset-Wes, Laerskool Panorama van Parow, Worcester Primêr, Laerskool Bredasdorp, Laerskool Swellendam, Milkwood Primary van Mosselbaai en die gasheerskool het aan die toernooi deelgeneem.
Wedstryde is op die skool en dorp se sportterreine, asook op twee sportterreine op Melkhoutfontein gespeel, terwyl Julie se baai-kampeerplek ook in 'n krieketveld omskep is.
Deetlefs is vol vertroue dat die krieketfees 'n blywende en positiewe bydrae tot die ontwikkeling van die jong krieketspelers sal lewer en dat groot vriendskapsbande gesmee sal word.
Ongeveer 120 kinders van die Wes- en Suid-Kaap het aan Bertie Barnard se krieketfees deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'