OUTSHOORN NUUS - Sussex-krieketklub van Mosselbaai is ná 'n jaar in die SWDK Garden Route Badgers Promosieliga weer terug in die Premierliga nadat hulle Saterdag met Heidelberg United in die eindstryd van die Promosieliga afgereken het.
Sussex het die wedstryd wat op die REC, SWDK se hoofkwartiere gespeel is, met 85 lopies gewen.
Sussex het die wentotaal van 303 in 46,1 beurte aangeteken. Die besoekers van Heidelberg moes die teiken van 304 in hul toegelate 50 beurte aanteken, maar was na 45,4 beurte vir 218 lopies terug in die kleedkamer.
Dinge het nie so lekker vir United uitgewerk nie en kon hulle nie behoorlik aan die gang kom met beide die bal en die kolf nie. Maar, dit sou onbillik wees om te sê dat Sussex nie hul sege verdien nie.
Hulle het soos ware kampioene die druk verwerk en munt daaruit geslaan.
Heidelberg Unite‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’