HEIDELBERG NUUS - Heidelberg United-krieketklub het Saterdagaand 4 Mei hul jaarlikse jaareindfunksie in die dorp se stadsaal gehou.
Michael Eksteen, president van Suid-Westelike Distrikte Krieketunie (SWDK), het die verrigtinge as geleentheidspreker saam met Mario Jansen, voorsitter van SWDK se skeidsregtersvereniging, asook Mornay Stuurman, 'n SWDK-bestuurslid, bygewoon.
Benewens die verteenwoordigers van SWDK, het Elize Hartnick, suster van wyle Samuel Hendricks, donateur van die verskeie kriekettrofeë, en Denzil Geldenhuys, plaaslike vervoerborg en donateur, ook die geleentheid bygewoon.
Die veelsydige sportman, Corbin Swartbooi is as sportman van die jaar aangewys.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’