RIVERSDAL NUUS - Heidelberg United-krieketklub het met sy aartsvyand, Riversdal, afgereken en hul laaste SWDK Garden Route Badgers Promosie A-ligawedstryd oortuigend met 87 lopies gewen.
Met dié sege in die wegwedstryd het hulle ook hul plek in die halfeindstryd verseker en terselfdertyd die gesogte Leonard Hurling-wisseltrofee behou.
Dié wisseltrofee is deur wyle Leonard Hurling se kinders, die tweeling, Dean en Vanessa, geskenk vir die jaarlikse kragmeting oor 50 boulbeurte tussen Heidelberg en Riversdal.
Die medediging tussen die twee vyande om die gesogte Leonard Hurling-wisseltrofee omhoog te hou, is iets ysliks.
Hurling was self ’n veelsydige krieketspeler van formaat wat vir beide dorpe op die krieketbaan uitgeblink het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’