STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard se sosiale krieketliga het sy hoogtepunt op Sondag 24 November bereik met die eindrondes in die twee verskillende afdelings.
In die A-afdeling vir die "sterker" spanne het Droë Vlakte vir On Top of the World in die eindstryd geklop. In die B-afdeling het Bertie Barnard met behulp van Jason Lawrence se kragtige kolfwerk met Die Kelder afgereken.
Droë Vlakte het ná die wedstryde heerlike boereworsrolle vir almal gebraai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’