STILBAAI NUUS - Die gewilde jaarlikse 0.13 Ricoh-krieketfees van Laerskool Bertie Barnard vind op 17 en 18 Oktober in Stilbaai plaas.
Ses spanne gaan dit uitspook oor die twee dae en wedstryde sal plaasvind in Stilbaai op die dorpsveld en ook op die sportterrein in Melkhoutfontein.
Dit beloof om spannende krieket op te lewer en krieket liefhebbers kan gerus 'n draai maak by die velde.
Die program sal later in die week beskikbaar wees op Suid-kaap Forum se blad sowel as die van Laerskool Bertie Barnard.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’