RIVERSDAL KRIEKET-NUUS - Die 2018/19 krieketseisoen is voor die deur en Riversdal Krieketklub sal vanjaar vir die 10de agtereenvolgende jaar in die SWD krieketraad se Promosieliga deelneem.
Oefeninge begin Maandag 20 Augustus om 16:30 op die Riverville-stadion en elke Maandag, Dinsdag en Donderdag daarna. Volgens die voorsitter, Jason van Rensburg is almal in Riversdal en omliggende gebiede meer as welkom om deel te raak van hul wenkultuur.
"Ons eerste opwarmingswedstryd is op 22 September teen Botrivier, met James Albanie aan die spits," sê Van Rensburg.
Vir enige navrae kan Van Rensburg gekontak word by 071 875 0254 of Basil Esau by 074 495 0666.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'