STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard se mini-kriekettoernooi vir o.7-, o.8- en o.9-spelers het Woensdag 5 November in Melkhoutfontein plaasgevind.
Hulle het besoek ontvang van Heidelberg, Buffeljagsrivier, Voorwaarts Primêr en Laerskool Volschenk.
Op 'n middag waar die tellings teruggestaan het vir die genot van die spel was daar tog kompetisie en met elke paaltjie wat geval het en lopie wat aangeteken is, is daar luid fees gevier.
Die gebrek aan tegniek is ver oorskadu deur entoesiasme, alhoewel daar tog 'n klompie gebore krieketspelertjies hulle opwagting gemaak het.
Verblydend was die groot aantal meisies in die spanne.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’