STILBAAI NUUS - Ten spyte van die gure weer kon Laerskool Bertie Barnard daarin slaag om die afgelope naweek sy jaarlikse vriendskaplike kriekettoernooi aan te bied.
Die wedstryde is op die dorpsveld sowel as by Melkhoutfontein-sportterrein gespeel.
Die spanne wat deelgeneem het was Laerskool Bertie Barnard van Stilbaai, Laerskool Bredasdorp, Worcester Primêr, Laerskool De Hoop van Somerset-Wes, Laerskool De Kuilen van Kuilsrivier en Laerskool Ladybrand, wat meer as 'n duisend kilometer gery het om in Stilbaai te wees.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'