RIVERSDAL KRIEKET NUUS - Vanjaar se Ampie Moses Ses 'n Kant-kriekettoernooi is in goeie gees en vir 'n goeie doel gespeel.
Die eindstryd, wat op 18 Oktober by die Riverville-stadion plaasgevind het, is deur burgemeester Grant Riddles en verskeie raadslede bygewoon.
"'n Goeie gees het op die veld en onder die toeskouers geheers," het Riddles gesê.
Die toernooi word opgedra aan Ampie Moses, 'n groot krieketgeesdriftige van die dorp wat sy stryd teen kanker verloor het. Riddles het in herinnering aan sy nalatenskap 'n tjek ter waarde van R10 000 aan KANSA oorhandig.
"Iemand wat met kanker gediagnoseer word moet weet dat hy of sy nie alleen is nie maar dat daar iemand is wat die pad saam met hulle sal stap."
Uitslae
Dames: 1. Epic Queens (52/1); 2. Revivals (43 almal uit).
Mans: Afdeling A: 1. Heidelberg Strikers (88/2); 2. Offenders (85 almal uit).
Afdeling B: 1. Classic Six (153/3); Deckboys (89 almal uit).
Afdeling C: 1. Unknown Heavies (191/1); 2. Ou Town (79 almal uit).
Burgemeester Grant Riddles oorhandig 'n tjek van R10 000 aan bestuurslede van KANSA.
Heidelberg Strikers was die wenners van Afdeling A.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'