STILBAAI NUUS - Dinsdagaand 19 Maart se eindstryd in die Bertie Barnard Sosiale Kriekettoernooi was 'n riller tot aan die einde.
Alonza Investments het sy titel verdedig en Cricket 101 is 'n vorige wenner.
Die span van Jurgen Lochner, Alonza Investments, het egter die knoop deurgehaak en met 16 lopies gewen.
Alonza het eerste gekolf en kon net 96 lopies op die telbord sit.
Cricket 101, wat die loot gewen het en besluit het om eerste te boul, kon daarna slegs 80 lopies in sy toegelate kolfbeurt aanteken.
Volgens Jurgen het Migael Vermeulen in twee boulbeurte net twee lopies afgestaan en dit het heel moontlik die wedstryd in hulle guns geswaai.
Dit was Alonza Investments se tweede oorwinning in twee jaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’