Soos gewoonlik was die marathon 'n groot sukses en groei dit elke jaar met rasse skrede. 'n Groot hoogtepunt was die twee rekords in twee verskillende afdelings wat gespat het: Lloyd Bosman met sy uitstekende tyd van 2:23:38 in die mans 42,2km-afdeling en in die mans 21,1km-afdeling, Ettienne Plaatjies met sy tyd van 1:06:05.
Vir mnr. Divine van V.O.B was dit ook 'n besondere dag omdat hy sy permanente nommer ontvang het nadat hy Saterdag sy 10de marathon voltooi het.
Die pryswenners in die onderskeie afdelings is soos volg (plek, naam, klub, tyd):
Mans: 42,2km - 1. Lloyd Bosman, Nedbank, 2:23:38 (nuwe rekord); 2. Gerome Gelderbloem, Mossel Bay Harriers, 2:33:00; 3. Lindile Tokota, Nedbank, 2:33:21. Veteraan (40 - 49) - 1. Tokota, 2:33:21. Meester (50 59) - 1. Dirk Joubert, Hartenbos, 3:25. Grootmeester man ( 60+) - 1. Gary Ristow, Edgemeade, 3:45. 21,1km - 1. Ettienne Plaatjies, Nedbank, 1:06:05 (nuwe rekord); 2. Jan Isak, Rainbow, 1:13:55; 3. Archie Boome, Knysna, 1:18:22. Junior man (o.19) - 1. Archie Boome, Knysna, 1:18:22. Veteraan (40 - 49) - 1. Peter Jaehne, R.A.C., 1:25:00. Meester (50 59) - 1. Hermanus Jonkerman, Nedbank, 1:22:20.
Grootmeester ( 60+) - 1. Johan Keller, Nedbank, 1:52:31. 10,4km - 1. Ugene Maart, Mossel Bay Harriers, 38:30; 2. Paules Alart, Mossel Bay Harriers, 38:57; 3. Fredwine Scheepers, Laingsburg, 39:07.
Dames: 42,2km - 1. Lisl Grobler, Knysna, 3:14:05; 2. Sara Gordon, Whalers, 3:34; 3. Elize Kloppers, Hartenbos, 3:42.
Veteraan (40 - 49) - 1. Gordon, 3:34. Meester (50 - 59) - 1. Sheryl du Santos - R.A.C., 4:03. Grootmeester (60+) - 1. Saundria Visser, Nedbank, 4:24. 21,1km - 1. Melissa van Rensburg, Nedbank, 1:24:59; 2. Suné Steyn, Maties, 1:34:15; 3. Marie Wolmerans, Nedbank, 1:35:53. Junior (o.19) - 1. Ané Kruger, Pukke, 1:40:51. Veteraan (40 - 49) - 1. Caren Venter, Outeniqua, 1:52:06. Meester (50 - 59) - 1. Marie Wolmerans, Nedbank, 1:35:53. Grootmeester (60+) - 1. Frieda Blignaut, Paarl, 2:41:12. 10,4km - 1. René Vermeulen, geen klub, 48:48; 2. Michelle Kluyts, geen klub, 49:31; 3. Tina Kanyongo, geen klub, 51:23.

Die dames wenners in die 42,2km-afdeling is van links Lisl Grobler (1ste), Sara Gordon (2de) en Elize Kloppers (3de).

Ettienne Plaatjies het 'n nuwe rekord in die mans 21,1km-afdeling opgestel. Jan Isak en Archie Boome het onderskeidelik tweede en derde geëindig.