STILBAAI NUUS - Die tafel was Saterdag 10 Februarie gedek vir goeie vertonings toe Melkies en Bertie Barnard mekaar die stryd aangesê het op die atletiekbaan in Stilbaai.
Die twee buurskole het teenmekaar meegeding om 'n span te kies wat aan die Hessequa Streekbyeenkoms gaan deelneem.
Daar was weereens puik vertonings en die atlete het van die goeie weer gebruik gemaak om hulle kleim af te steek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’