STILBAAI NUUS - Oujaarsdag en die NSRI se 10 km- en 5 km-wedlope het hul tol geëis, en net 143 drawwers en stappers het vir die Nuwejaarsdag-parkrun opgedaag.
Dit het egter daartoe bygedra dat daar minder opeenhopings was en almal hulself rustig kon geniet terwyl hulle die feesvieringe afgeskud het.
Saterdag, 3 Januarie, vind die normale weeklikse parkrun weer plaas en heelwat drawwers behoort hulle opwagting te maak.
Die 545 deelnemers wat Saterdag, 27 Desember, opgedaag het, is sekerlik 'n rekord, maar dalk kan hierdie Saterdag vir 'n nuwe rekord sorg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’