STILBAAI NUUS - Daar is tans 227 plekke in Suid-Afrika wat 'n parkrun aanbied en die getal groei voortdurend.
Baie mense kan nie 'n Saterdag begin as hulle nie die 5 km-roete gedoen het nie, ongeag van die weerstoestande.
Stilbaai-Wes se 200ste parkrun vind Saterdag 29 November plaas en die organiseerders doen 'n beroep op alle hardlopers, stappers en drawwers om deel van hierdie mylpaal te wees.
Dit begin stiptelik 08:00 by die parkeerterrein voor die visvywers by die hawe en volg 'n pragtige roete tot by Palinggat en terug.
Op hierdie roete gaan jy 'n deel op die strand hardloop, langs die rivier op 'n geplaveide paadjie, deur die bosse en oor 'n bruggie voordat jy weer strandlangs tot by die eindpunt draf.
Kom deel in die pret en vier hierdie besondere mylpaal saam met Stilbaai-parkrun.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’