STILBAAI NUUS - Hardlopers van heinde en verre het Woensdag, 31 Desember, aan die 10 km- en 5 km-wedlope ten bate van die NSRI Stasie 31 in Stilbaai deelgeneem.
Teen Dinsdagaand was daar reeds 1 188 inskrywings, en heelwat deelnemers het nog Woensdagoggend geregistreer.
Die 10 km-wedloop volg 'n pragtige roete wat teen die einde deur 'n melkhoutboomwoud kronkel en by die NSRI-gebou eindig.
Akeen Wilson van George was die eerste man tuis in die 5 km-wedloop, terwyl Katja Nothnagel van Stilbaai die eerste vrou was.
In die 10 km-wedloop was die bekende Lloyd Bosman van George eerste oor die wenstreep, met die 15-jarige Katerien Fourie van Stellenbosch as die eerste vrou tuis.
Hierdie gewilde wedlope samel broodnodige fondse in om die NSRI se hand te sterk in hulle belangrike taak om verdrinkings te voorkom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’