STILBAAI NUUS - Lappiesbaai se 10 km- en 5 km-wedlope ten bate van Jagersbosch Gemeenskapsorgdienssentrum vind vanjaar plaas op Sondag 21 Desember.
Hierdie gewilde wedloop van Lappiesbaai tot by Preekstoel en weer terug het verlede jaar 280 drawwers gelok en die organiseerders hoop om dit vanjaar nog groter te maak.
Volgens Clifton Donald, organiseerder van die wedlope, maak Jagersbosch baie staat op skenkings en donasies en die inskrywingsgeld van hierdie wedlope sal weer 'n paar gaatjies toestop.
Skryf in by www.entryninja.com en vir enige navrae kan Clifton Donald by 082 457 1135 of Nico Steenekamp by 083 264 3071 gekontak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’