Vier atlete het rekords verbeter, terwyl 32 eerste plekke deur die Dasse behaal is.
Dit is veral in die velditems waar die Dasse uitgeblink het. Minke Taljaard, Danielle Marais, Tanisha Chowles en Elzé van Tonder, het almal rekords verbeter.
Tanisha Chowles se drie eerste plekke, met onderskeidelik 925, 894 en 801 ASA-punte is van die beste prestasies van die dag.
Lycia Hollis kom eerste by die wenpaal aan in die 400m vir dogters o.17.