STILBAAI NUUS - Na baie maande se harde werk agter die skerms is die Bon Game Reserve-parkrun goedgekeur en Saterdag 16 Augustus breek die groot oomblik aan.
Nico Steenekamp van Stilbaai, die streekambassadeur van parkrun, het alreeds die roete gaan uitmerk en dit is 'n baie lekker roete met 'n hele paar op- en afdraandes, maar is geskik vir die hele gesin.
Die spesifieke parkrun is beplan om drawwers van Albertinia en Gouritsmond te akkommodeer, maar sal beslis ook deelnemers van ander streke lok en enige parkrun-deelnemer is welkom om by die Bon Game Reserve deel te neem.
Die Bon Game Reserve se ingang is langs die Gouritzrivier aan die Mosselbaai kant van die brug.
Professor John Spence, dryfveer agter die Bon Game Reserve-parkrun, nooi alle drawwers van die omgewing uit om deel te word van die parkrun-beweging en om hierdie inisiatief te ondersteun.
Dit is 'n 5km-roete en kan gestap of gedraf word en begin stiptelik 08:00, Saterdagoggend 16 Augustus.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’