RIVERSDAL NUUS - Langeberg-atletiekklub het geskiedenis gemaak met sy rekord inskrywings van 13 atlete vir vanjaar se Comrades.
Vyf van die klub se atlete, naamlik Wendy Joubert, Lodelia Odendaal, Helana du Toit, Elona Keyser en Lientjie de Beer het hulle eerste Comrades gehardloop.
Danie Geldenhuys het die marathon in 'n uitstekende tyd van 8 ure, 37 minute en 20 sekondes voltooi. Geldenhuys en WJ du Toit het albei hul Bill Rowan-medalje verower (vir 'n tyd onder 9 ure).
Die amptelike uitslae.
Agter, van links staan Analie Heyns, Elona Keyser, Lientjie de Beer, Helana duToit, Lodelia Odendaal, Danie Geldenhuys, Berbard Pieters, Nico Steyn en Wendy Joubert. Voor: Jimmy Robertson en Mattheys Heyns.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'