HESSEQUA NUUS - Sewentien Dasse het op 29 September aan 'n top-10-byeenkoms in Mosselbaai deelneem.
Hulle het 10 medaljes huis toe gebring. Reevin February verwerf 'n goue medalje vir hoogspring, Lyle-Clint Fielies goud vir 200 m en brons vir 100 m.
Dandré Diedericks verwerf 'n silwermedalje vir hoogspring en Lourens van Vuuren 'n silwermedalje vir hamergooi en bronsmedalje vir spiesgooi.
Jamian Hendricks verwerf 'n tweede plek vir verspring en derde plek vir driesprong. Jason Minnie behaal derde plek vir hamergooi.
Reinhardt Nel verwerf bronsmedalje vir verspring en Marco Nel verwerf 'n vyfde plek vir die 100 m. Petro Pretorius behaal 'n vierde plek vir diskus en Mienke Doubell 'n vyfde plek. Die atlete het egter seker gemaak dat hul reeds vroeg in die seisoen mooi prestasies behaal.
Agter, van links: Jason Minnie, Lourens van Vuuren, Reevin February, Dandré Diedericks en Lyle-Clint Fielies. Voor: Jamian Hendricks, Mienke Doubell en Petro Pretorius. Marco en Reinhardt Nel was afwesig tydens die neem van die foto.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'