STILBAAI NUUS - Antel van Deventer, al die pad van Brittanje af, het Stilbaai se Vrouedag-parkrun Saterdag in die algehele eerste plek klaargemaak.
Antel kuier tans in Stilbaai by haar ma, Julie van Deventer, en dit was haar heel eerste parkrun.
Sy het die pragtige 5 km-roete in 'n tyd van 22:52 voltooi en dit was beslis nie haar laaste parkrun nie.
Ten spyte van 'n baie koue oggend was amper die helfte van die deelnemers vroue en almal het met 'n glimlag by die eindpunt aangekom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’