Gallery
RIVERSDAL NUUS - Na afloop van die Eden-atletiek-kampioenskap op 24 Februarie is 22 atlete in die Eden-atletiekspan ingesluit. Hulle neem eersdaags aan die Wes-Kaapse kampioenskap op 9 en 10 Maart op Dal Josafat Stadion in die Paarl deel.
Tydens die Eden-kampioenskap het atlete 17 eerste plekke, 12 tweede plekke en twee derde plekke behaal.
Die volgende leerders verwerf goue medaljes o.19: Josha Lawson - gewigstoot met 'n afstand van 14,17 m en diskusgooi met 'n afstand van 41,33 m.
o.17: Niel Engelbrecht - hamergooi met 'n afstand van 46,08 m; Janco Goosen - 10 km-stap in 'n tyd van 58:02.2 sek. en Corné Rahl - gewigstoot met 'n afstand van 13,59 m.
o.15: Simeon Oosthuizen behaal nie minder nie as drie eerste plekke - 100 m-hekkies in 'n tyd van 14.28 sek., 400 m in 'n tyd van 54.36 sek. en 300 m-hekkies in 'n tyd van 43.48 sek.; Machs Hälbich - driesprong met 'n afstand van 12,59 m en verspring met 'n afstand van 6,12 m; Philip Kleynhans - diskusgooi en gewigstoot met 'n afstand van 56,30 m en 17,41 m onderskeidelik; Jandré Jordaan - 5 000 m-stap in 'n tyd van 25:27.7 sek. en Matthew Golden - hoogspring met 'n hoogte van 1,65 m.
o.14: Keagan Coerecius - 400 m in 'n tyd van 56.90 sek.; Armand Combrinck - gewigstoot met 'n afstand van 12,21 m en SP Dyssel - verspring met 'n afstand van 5,37 m.
Tydens die Eden-kampioenskap het atlete 17 eerste plekke, 12 tweede plekke en twee derde plekke behaal.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'