STILBAAI NUUS - Die o-13 rugby- en netbalspanne van Laerskool Dirkie Uys, al die pad van Moorreesburg af, is op 'n kort toer in die Suid-Kaap en het Woensdag 20 Augustus kragte gemeet met Laerskool Bertie Barnard in Stilbaai.
Naby Riversdal het hulle bus meganiese probleme ondervind, maar gelukkig is daar genoeg ouers wat saam toer en hulle kon die spelers veilig in Stilbaai besorg.
Die netbal het vir 'n baie spannende einde gesorg en nie een van die twee spanne wou besgee nie, wat gesorg het vir 'n gelykop telling van 17 elk.
Die agttal van Bertie Barnard het sterk geskrum en dit het die agterlyn kans gegee om te baljaar, maar Dirkie Uys het verwoed verdedig om die tuisspan van hulle doellyn te hou.
Berties het hierdie wedstryd met 19 - 5 gewen nadat Dirkie Uys in die doodsnikke gaan druk het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’